Wat vir Victor as net nog `n vervelige wintervakansie in die kinderhuis begin, ontaard in `n nagmerrie toe hy van aangesig tot aangesig kom met die goedige ou tannie wat in die straat af woon. Juffrou Ia de Goede is bekend in die dorp daarvoor dat haar hande vir niks verkeerd staan nie en vir die meeste inwoners beteken dit haar lekker melkterte en ander gebak. Maar Victor vind gou uit wat daardie hande nòg kan doen en hy en sy twee vriende Jenny en Fluitjie sal moet keer voor dit te laat is . . . Die sesde in `n reeks lekkerlees-rillerstories vir jong lesers. Francois Bloemhof se Rillers is al twee keer aangewys as wenners en een keer as naaswenner in die jaarlikse ATKV-kompetisie, waar lesers self hulle gunsteling boeke aanwys. Die slag het die spanning `n paar tikkies humor by – die soort wat jou onkant betrap . . .