Weer eens bevind Kuifie homself in San Theodoros (sien Die Stukkende Oor), maar hierdie keer is dit om sy reputasie te red en sy naam in ere te herstel. Saam met Bianca Castafiore, haar reisgenote, en Uys en Buys word hulle in hegtenis geneem op aanklagte dat hulle die militere diktatuur van Generaal Tapioca omver probeer gooi het. Ongelukkig lyk dit net of hulle daarin slaag om in hulle ou vyand, Kolonel Sponsz, (sien Die Geheime Wapen) se strik te trap. Gelukkig slaag hulle daarin om te ontsnap en hulle sluit aan by hulle goeie vriend. Generaal Alcazar en sy soldate, die Pikaro`s, in `n woud naby `n Indiaanse dorpie waar die avontuur dan behoorlik op dreef kom.