By Louise se verjaardagpartytjie speel sy en haar maats heerlik totdat Louise per ongeluk bo-op haar hond, Leander, val. Hy skrik en byt haar, en sy huil. Dadelik raas almal met hom: “Leander, jy`s `n stout hond!” Die partytjie is toe ook sommer verby en Louise se ma neem haar dokter toe. Maar by die huis kry Leander `n blink plan: hy gaan vir Louise `n “Word gou gesond”-kaartjie stuur!