Suid-Afrika se mees geliefde, vriendelike heksie is terug!
Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroe� lesers. Elke bundel bevat drie oorspronklike Liewe Heksie-stories, spesiaal aangepas vir 3 tot 6 jariges. Besondere volkleurillustrasies deur Vian Oelofsen vergesel die teks en beeld Liewe Heksie, Blommie Kabouter, Karel Kat, Koning Rosekrans en al die geliefde karakters in Blommeland op `n moderne, maar tog herkenbare wyse uit. Liewe Heksie het haar debuut gemaak in 1961 in die SAUK se Siembamba-programme. Die eerste boeke is in 1965 by Human & Rousseau gepubliseer en sedertdien het die Heksie-stories in verskeie vorms verskyn: van radiouitsending, CD?s, marionette, verhoogproduksies en selfs twee televisiereekse. Die Liewe Heksie-omnibus wat in 2002 deur Human & Rousseau uitgegee is het die meeste van Verna Vels se geliefde Heksie-stories saamgevat en hierdie nuwe reeks vervat die stories uit die omnibus nou in nuwe vorm.