Diep, diep in `n donker bos, waar die son net soms deur die takke loer, woon die Babalela en al sy maats. Op `n dag kom `n klomp mense met vangnette en toue. Hulle wil die Babalela en sy maats vang. Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die Fripperwakkies is baie bang. Maar die Babalela het `n plan. Hy gaan nie toelaat dat enige iemand hulle weer in bokse sit nie …