s_oondvars_150
137

Maasdorp se drie musketiers

Stella Blakemore
Human & Rousseau

Breggie Landsberg en Heloise Malan, Maasdorp se twee baie ondeunde en slordige meisies, word gestraf omdat hulle ’n “onvergeeflike” sonde gepleeg het en nou moet hulle vriende maak met Daniela Lategan, die voorbeeldigste en netjiesste meisie in die skool. Die twee besluit egter om die soet Daniela ’n les te leer, maar ongelukkig (en tot albei se stom verbasing!) kan Breggie se vindingryke brein nie gou genoeg aan ’n plan dink nie. Hulle is stom verbaas toe hulle ontdek dat Daniela eintlik ’n duiweltjie is en dat sy oorspronklike en verstommende streke kan uithaal. Die drietal word boesemvriendinne en stig die orde van die Drie Musketiers. Die ganse Maasdorp word op horings geneem met hul kreet: Een vir almal en almal vir een!

Publikasie: 2006-02-15
0
Would love your thoughts, please comment.x