s_oondvars_150
147

Maltrappe op Maasdorp

Stella Blakemore
Human & Rousseau

Die meisies is almal weer terug na die Paasvakansie – Klarette, Teda, Lalage, Jessamie en natuurlik die nimlike Reina en Margaret wat alewig in die moeilikheid beland. Margaret se ouers en juffrou Van den Heever is uiters bekommerd oor haar. Sy is in matriek en toon geen teken daarvan dat sy verantwoordelik gaan begin optree nie. Klarette se neef Ignatius kom kuier en dit lyk nie of hy enige plan het om ver van haar suster te bly nie. Reina en Margaret is bang sy motiewe is nie eerlik nie, maar soos gewoonlik glo niemand die twee maltrappe van Maasdorp nie.

Publikasie: 2006-03-08
0
Would love your thoughts, please comment.x