Markus Grysmuis het in Suid-Afrika in `n reissak geklim en toe hy sy oë uitvee is hy in `n vreemde land … Rusland. Hy kom agter dat hy saam met ruimtevaarders by `n ruimteopleidingsbasis noord van Moskou is. En saam met sy twee muismakkers Viktori Kaasetti en Joerie Muisenof maak hy reg om met die Sojoes die ruimte in gelanseer te word.
Die feitelike inhoud van die verhaal is noukeurig nagevors. `n Volblad agterin die boek gevat die hoofpunte van die reis na die Internasionale Ruimtestasie tussen 25 April en 5 Mei vanjaar, toe Mark Shuttleworth, Yuri Gidzenko en Roberto Vittori die Sojoes beman het. Tanja Joubert se illustrasies vul die verhaal uitstekend aan. Markus Stermuis is `n boek vol humor en avontuur waarop jong lesers dol sal wees!
Ook in Engels beskikbaae as Marcus Star Mouse