’n Pragtige prenteboek deur ’n Nederlandse skrywer en geïllustreer deur Piet Grobler. Dit is die klassieke verhaal van ’n kluisenaar wat eendag ’n muisie uit die kloue van ’n uil red en haar as sy kind groot maak. Maar op ’n dag voel die kluisenaar dat hy nou oud raak en dat sy dogter sal moet trou, want hy sal nie veel langer vir haar kan sorg nie. So gaan soek hulle by die son en die wind en die berg die sterkste man vir haar …