Abrie se gunstelingdinge is: 1. Aliens 2. Vuurpyle 3. Die Maan Presies in daardie volgorde. Hy dink nie juis aan enigiets anders nie, tot sy gesin eendag `n vreemde lid bykry. Sy lyk snaaks. Sy klink snaaks. En sy ruik definitief snaaks. Maar kan Abrie se sussie regtig `n alien van die maan af wees?