s_oondvars_150
146

Nukke op Maasdorp

Stella Blakemore
Human & Rousseau

Nog `n oud-Maasdorper, Marie Dempers, stuur haar dogter na Maasdorp, maar dit blyk gou dat arme Bennie glad nie inpas nie. Sy voel uiters minderwaardig by die ander meisies wat lyk asof hulle met gemak uitblink in die klaskamer en die sportveld, en nog boonop mooi is. Toe sy vir juffrou Van den Heever hoor se dat hulle tog moeite met Bennie moet doen ter wille van “arme Marie”, word alles net te veel vir haar. Sy ontrek haar van die Maasdorp-wereld en hou selfs op met eet. Intussen maak Japie – die misterieuse meisie met haar blikkie vol stukkies lap wat Bennie op die trein na Maasdorp ontmoet het – weer haar verskyning. Wie is sy en waar is haar ouers? En om alles te kroon, raak die Renton-tweeling betrokke by die geheimsinnige Japie wat op `n vreemde manier verband hou met `n duur handtas wat skynbaar opduik waar Japie haar ook al bevind.

Publikasie: 2006-03-08
0
Would love your thoughts, please comment.x