Kom ons bons op die bed saam met Henk, Hestie en al hulle dieremaats. Hulle bons, bons, bons al die pad tot in die ruimte en weer terug – net betyds vir slaaptyd! Hierdie wilde, woeste, rymende ruimte-avontuur is perfek vir hardop voorlees.