’n Storie uit die dae toe die diere nog nie sterte gehad het nie. Op ’n dag is die vlieë by die watergat nog lastiger as gewoonlik, en Olifant en Eland besluit om iets omtrent die saak te doen. Maar nóg magtige Olifant nóg vlugvoetige Eland kry die probleem opgelos. Wie is dit wat op die ou einde die knoop deurhak? Stadige ou Skilpad, wat weet om sy kop bymekaar te hou!