Mier, Ruspe, Liewenheersbesie, By en Kriek het `n probleem. Iemand het tonnels deur hul kos geëet. Iemand wat net `n lang silwer spoor agtergelaat het … `n Kleurryke insek-speurverhaal in die kleine wat kinders die kans gee om ál voelende met die vinger die kronkels van die kosvraat se reliëfspoor te volg. Vir gesigsgestremde kinders `n ware bonus omdat die tassin hier op prettige wyse betrek word.