`n Oupa is vir `n kind `n groot lekkerkry. En Oupa Dan is nie `n uitsondering ie! Sy kleinkinders kan nie genoeg van hom kry nie. Wanneer hulle aan sy kamerdeur kom klop om hom met koffie en beskuuit te bederf, is dit tyd vir speletjies en rympies. Maar vanoggend is dinge ietwat anders as gewoonlik. Oupa deel van sy lieflingsgoed uit. `n Paar dae later is daar geen antwoord toe Coert aan die kamerdeur tok-tok nie. Niks nie. Want oupa Daan is in die hospitaal na `n beroerte…
`n Storie oor `n kind se eerste ervaring van die dood.