s_oondvars_150
1121

Prinses mossienes

Wendy Maartens
Alida Bothma
LAPA

Vandat die mossies onder die stoepdak nesmaak, sit Dina elke dag vir hulle en kyk. Sy het die mossies nog nooit sien stry nie. Maar Mamma en Pappa stry deesdae aanmekaar. Daarom steek Dina vere in haar hare en sit `n kroon op haar kop. Dan is sy nie meer Dina nie. Sy is Prinses Mossienes. En sy vlieg na `n plek waar alles beter is … ’n Sensitiewe, verbeeldingryke verhaal oor wat gebeur wanneer ouers skei. Die boek bevat ook praktiese wenke vir kinders en ouers om die trauma van `n egskeiding te hanteer

Publikasie: 2010-02-04
0
Would love your thoughts, please comment.x