Shani is in die sewende hemel van geluk, want hierdie vakansie op Hermanus is net wat sy nodig gehad het. Dis great om weg te wees van al die dramas van Reënboogrant. Sy sou gecrack het as sy nog een dag vir Chris Fick moes face – om van Monique nie te praat nie. Kyk net hoe sorg die geluksgodin vir haar: `n vakansieromanse met `n ou wat weet hoe om `n meisie op die wolke te laat loop. Maar net toe Shani dink dat niks of niemand die magic kan bederf nie, gebeur die een nagmerrie op die ander…
Reënboogrant Tieners