Omdat rympies so n waardevolle opvoedkundige rol speel, is die verskyning van elke nuwe rympieboek n geleentheid om toe te juig, veral as dit so n pragpublikasie soos Rympies vir Kleintjies en Kleuters is. Carike KeuzenkampHierdie bundel is die opvolger van die baie suksesvolle
Rympies vir Pikkies en Peuters
wat in 2015 verskyn het. Met sy prettige volkleur-illustrasies bied dit n keurversameling verse spesiaal saamgestel vir drie- tot vyfjariges. Digby 400 rympies deur meer as 100 skrywers dek al die onderwerpe wat deel is van klein kinders se leefwereld in heerlike, maklike, sprankelende Afrikaans. Aangesien die bundel sorgvuldig beplan is om aan nasionale opvoedkundige vereistes te voldoen, vorm dit n onmisbare hulpmiddel vir opvoeders en versorgers in speelskole, met n nuttige gebruiksgids agter ingesluit.
Rympies vir Kleintjies en Kleuters
sal egter ook tuis wees in elke huis om nie te praat van kuiertyd by Ouma en Oupa nie!