In hierdie omnibus, wat nog drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, gaan Saartjie en Galpil `n weddenskap aan om te sien wie is bang vir spoke, Saartjie besluit dat die Drie Muskiete `n kliek moet vorm, die groepie vriendinne reël `n hipnose-konsert en Saartjie kry `n kêrel. Saartjie het `n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!