4-7 jaar. Wat is die rede hoekom Sisi nie môre skool toe wil gaan nie? En hoekom het Pappa al hulle speelgoed gevat? Ontmoet weer vir Sisi in hierdie deernisvolle versameling van stories en rym, vol warmte, liefde en vriendskap. Die vyf stories is: Sisi gaan skool toe Sisi se fluit Pappa se verrassing Gogo se hondjie ’n Soentjie vir jou Pragtige, gevoelvolle illustrasies komplimenteer die spaarsamige, maar in-die-kol teks.