s_oondvars_150
931

Sondelani!

CTexT
Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

Leer jouself isiXhosa aan met hierdie interaktiewe, multimediasagteware, ontwikkel deur die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT™) van die NWU-Pukke! Hierdie program is gemik op persone, ongeag hul ouderdom, wat graag isiXhosa wil leer praat. Instruksietaal in Afrikaans of Engels.
Die CD-ROMs bevat 4 hoofstukke wat elk uit 6 tot 8 lesse bestaan. Die lesse is gebaseer op kontekstuele taalgebruik in dialoogvorm. Interaksie word bevorder deur kruisverwysings en skakels na woordeskat, grammatika, funksies, vaardighede en oefeninge.

`n Hulplêer, virtuele programtoer en studiegids is ook ingesluit vir die optimale gebruik van die program. Jy kan ook jou eie pas en leerverbintenis bepaal deur `n studiekontrak te aanvaar om jou te lei en jou vordering te monitor. `n Belangrike kenmerk is die wye verskeidenheid oefeninge wat jou in staat sal stel om voortdurend jou vordering en jou vaardigheidsvlak te evalueer.

Klanksnitte kan gespeel word deur CD-spelers of MP3-spelers sodat jy jou uitspraak en luistervaardigheid kan oefen. Dit is nou ook toegerus om meerdere gebruikers toegang tot die program te gee en bied verbeterde inhoud en grafika vir `n optimale leerervaring.

Verspreiders:
BlueTek Rekenaars
(018) 297 0164
www.spel.co.za

Publikasie: 2008-08-21
0
Would love your thoughts, please comment.x