Die toetsreeks is verby en `n wonderlike langnaweek by die see lê vir Thomas-hulle voor. Maar dan begin dinge lelik skeefloop: Thomas ontdek `n deurtjie in die vloer van hulle strandhuis wat reguit lei na die skuilplek van die gevaarlike perlemoensmokkelaar, Sharky Fortuin; sy beste vriend, Hannes, gedra hom skielik soos `n alien en hy betrap vir Alexandra en Lukas aam op `n afgeleë plek tussen die rotse – en dit terwyl Lukas weet dat Thomas mal is oor haar!
Dan is daar ook nog Bianca, die blonde meisie wat Thomas in die grot onder die huis ontmoet het. Sy vriende dink hy is koekies of dat sy verbeelding oortyd werk, maar hy wéét dat hy haar gesien en met haar gepraat het. Soos met die vorige twee boeke in die reeks, sal lesers aqua.net nie kan neersit nie.