s_oondvars_150
262

Trompie die dromer

Topsy Smith
Human & Rousseau

Die Boksombende word bedreig – deur `n meisiekind! Trompie, die Grootkaptein en meesterlike planmaker, is smoorverlief en sit heeldag net en droom. Sy hare is gekam, sy hemp ingesteek en sy kouse opgetrek. Die bende bele `n spesiale vergadering om hierdie saak te bespreek – hoe durf Trompie `n meisie se geselskap bo hulle s`n verkies? Hul leier laat hom egter nie voorse nie, maar gelukkig vir sy bende ontdek hy baie gou dis duur om `n meisie aan te hou en se haar een aand na `n dans by die skool af. Nou kan die Boksombende weer saam dinge doen soos om perskes te steel en na spookstories te luister. Die jaarlikse interskole atletiekbyeenkoms is om die draai en Trompie wil vreeslik graag spykerskoene he sodat hy soos `n ware wenner kan hardloop. Hy gaan `n ingewikkelde ruiltransaksie met een van sy klasmaats aan en moet op die groot dag eers vuisslaan met `n leerder van `n ander skool wat hom gedurende `n resies pootjie voordat hy uiteindelik met sy eer ongeskonde uit die stryd kan tree.

Publikasie: 2006-07-12
0
Would love your thoughts, please comment.x