Trompie beland in groot moeilikheid as hy `n nuwe mikstok vir sy kettie wil maak en `n saag uit sy pa se verbode werkskamer gaan gaps. Maar dan skryf hy in vir ’n kompetisie van `n koejawelfabriek wat `n “tipiese Suid-Afrikaanse seun” soek. Die prys vir die wenner en `n maat van sy keuse, is `n reis in `n vliegtuig na Kaapstad en Durban, met boonop nog ekstra sakgeld ook! Die vraag is net: sal Trompie ooit as die wenner gekies word, en as hy wen, watter een van sy maats moet hy kies om saam te neem op hierdie wonderlike reis?