Vir baie jare sedert dit die eerste keer as Daddy Long Legs verskyn het, het dit jong lesers se verbeelding aangegryp en is steeds vandag `n gunsteling. Vir baie jare sedert dit die eerste keer as Daddy Long Legs verskyn het, het dit jong lesers se verbeelding aangegryp en is steeds vandag `n gunsteling. Dit is `n verhaal wat gelyktydig vol humor, patos en drama is. Judy, of te wel Jerusha Abbott, is haar lewe lank in `n kinderhuis, tot die dag dat sy matriek klaarmaak en `n onbekende weldoener haar kollege toe stuur. Sy enigste vereistes: sy mag nie sy naam ken nie en sy moet gereeld vir hom skryf oor haar vordering. En so begin die soms skreeusnaakse briewe van Judy aan die lang maer man, wat sy eendag net skraps gesien, en Vadertjie Langbeen gedoop het.