Vuvuzela is die deernisvolle verhaal van die twaalfjarige Senke wat in `n plakkerskamp woon en wat braaf en onophoudelik vir sy bestaan moet baklei. Maar hy staan nie alleen nie. Hy woon saam met sy grootbroer. Hulle is albei orphans, maar Buti is reeds eighteen, en hy was al by die winterskool. Buti staan voor Senke, Buti vat al die slae en hy sorg dat Senke kos en klere het en dat hy skool loop om Grade Twelve te kry. Daarom wil Senke `n groot ding doen om Buti dankie te sê. Hy het `n geheime plan wat gekoppel is aan die Word Soccer Cup wat in 2010 na Suid-Afrika toe kom. Hoe samel jy geld in as jy niks eers het om by die skool se entrepreneursdag te verkoop nie. En as jy in `n shack bly en van oorskiet lewe?
Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2005: Silwer prys.