Mia haat wiskunde. Sy hou nie van optelsomme nie en sy hou nie van aftreksomme nie. Vermenigvuldigsomme gee haar hoofpyn en sy verstaan nie deelsomme nie. Haar aaklige wiskunde-onderwyser, meneer Vermaak, sê nie eers “Môre, klas” soos die ander onderwysers nie. Hy sê net: “Vandag maak ek MAALVLEIS van die een wie se wiskunde nie gedoen is nie!” Maar wat meneer Vermaak nie weet nie, is dat Mia besig is om `n boek oor hipnose te lees… En dat sy selfs onbeskofte wiskunde-onderwysers allerhande toertjies kan laat doen!