Lizianne wil dans

Monoloog – Hoërskool
Magde-Mari Greeff
Lizianne is 'n veertienjarige meisie wat baie lief daarvoor is om te dans maar haar ouers kan dit nie bekostig dat sy danslesse neem nie.
Ouderdomsgroep: Graad 6-9
Karakter: Lizianne is ‘n veertienjarige meisie wat baie lief daarvoor is om te dans maar haar ouers kan dit nie bekostig dat sy danslesse neem nie. Sy wil aan die skool se revue deelneem maar dan moet sy lesse kry by ‘n dansskool. Hulle het ook nie geld vir huishulp nie en sy moet die huis skoon maak.
Stel: Onthou dit is ‘n eenslaapkamer woonstel, min spasie.
Benodighede: Kamstige tas en brief.

Lizianne wil dans

(Maak of by die deur inkom. Gooi tas na die anderkant van die deur en sluit weer die deur agter jou. Loop na die anderkant van die verhoog en maak of jy ‘n deur redelik hoog op oopmaak.)

“Rys, rys, waar is die rys.” (Gaan bietjie die ‘kas’ met jou hande oor.)

“So waar sal ek dit nie kry as ek in die verkeerde kas soek nie.” (Klink half vies vir jouself.)

“Dis nou nie juis of mens dit kan mis nie, ek bedoel waar het jy al ooit in jou lewe gesien dat iemand wat in so ? klein plekkie bly en net een soort kos in die huis het dit nou eintlik kan mis?” (Vat dit dan raak en maak of jy nog iets van die kant af nader trek. Gooi dan die kamstige rys in die pot.)

“Dit was nou een van die goeie oefenbeurte van die revue oefening. Of altans ek dink so, van daar waar ek in die gehoor sit en vir Jonathan kyk. Ek wens ek kon ook dans. Maar juffrou sê mos ek het genoeg ritme in my boude, maar ek is nie in ‘n dansskool nie, so ek mag nie deelneem nie.” (Loop dan na meer die middel van die verhoog.)

“Maar ek is nog te jonk om te werk sodat ek self kan betaal om net dansklasse te neem.”

(Gaan sit dan op die verhoog. Begin ‘n paar oulike dansbewegings wat stadig is uit haal.)

“En Jonathan.” (Sug en sit weer stil terwyl jou gedagtes ver weg is.)

“Toe hy eers begin met die deel waar hy so stadig vooroor die meisie moet gaan staan en in haar oor iets sing… As hy net vir my ook sal kyk.” (Klink dan half vies vir omstandighede)

“Maar ek kan hom ook nie blameer nie. Wie wat by hul volle verstand is sal nou eintlik vir ‘n kerkmuis kyk?” (Begin so bietjie egalige bewegings uithaal. En dink by self terwyl jy dans.)

“Ek sal ook nooit in ‘n dansgroep kom nie. Nie eers as ek voor die mense in trane uitstort nie. Want ons sal dit nie kan bekostig nie.” 
(Kry ‘n hartseer toon in die stem.) “Die vervoer vir elke oefening en die klere en dit alles kos geld.”

(Sug weer. Begin dan meer ritmiese bewegings uithaal in die doel om jou woede uit te haal.)

“Geld wat ons nie het nie. En hoe sal ons ooit geld hê vir so iets? Ons kry dan op hierdie stadium net een ete per dag bekostig.”

(Lyk of jy iets vergeet het en loop dan na waar die rys op die stoof is en tel ‘n papier op..) “Ek het skoon vergeet ma het gesê sy sal ? briefie op die tafel los.”

(Lees dit dan hardop. In ma se stem.) “Hi, my kind, sit asseblief rys op die stoof en sorg dat dit nie brand nie. Ek hoop jy doen lekker huiswerk en dans lekker op jou kamstige musiek. Jammer kannie vir jou ‘n radio koop nie. Sien jou vanaand weer. Hou sommer dan weer vir konsert asseblief. Lief jou. Ma.”

(Sit dan die brief neer en gee ‘n lang sug.) “Ag, taf die radio. Ek sal maar getrou oefen vir hul konsert. Dis ook maar al waarna hulle kan uitsien. “

(Dans so ‘n entjie op die verhoog en stamp dan jou toon en val dan neer en hou jou toon vas.)

“Genadetjie tog, mens kan nie eers drie tree na mekaar gee nie dan dans jy al teen iets vas. En die feit dat pa nie nou geld het om die gloeilamp te vervang nie maak dit nog net erger want daar kom nou nie juis veel van lig deur die venster nie. Hoe wil hulle dan konsert kyk?”

(Loop so ‘n entjie op die verhoog rond en gaan sit terwyl jy so half op jou eie sit en droom)

“Ek onthou nog die dag so goed… die dag toe ek van my gunsteling dansstappies uitgehaal het op die verhoog vir die oudisies en per ongeluk in Jonathan vas gedans het so in my eie gedagtes was ek… Hy het net gesê dis reg… hy was nie eers vir my kwaad nie.”

(Staan op en begin weer bietjie dans.)

(In juffrou se stem) “Lizianne net ‘n bietjie minder ritme.”

(Dan weer in jou stem) “Reg juffrou”

(In ‘n diep stem wat Jonathan sin moet wees.) “Jy dans darem maar goed, Lizianne.”

(Glimlag so half verleë.) “Baie dankie, Jonathan.”

(Kyk dan vorentoe.) “Ag as my drome net waar word?”

(Kyk dan fronsend om jou rond en trek jou neus op.) “Die rys!!!”

(Hardloop na agter en haal gou die pot van die plaat af.) “Bakkie, bakkie, net die wat nie so erg gebrand het uitskep. Net iets eet. Iets.”

(Maak of jy rys oor skep en begin dan half huil.)

“Wel aangesien dagdroom nou verbode is vir sulke arm mense soos ek, want dan brand mens net die kos, sal ek dans. Maak nie saak wat juffrou sê nie. Ek sal haar wys ek gaan nog wêreldwyd dans. Nie worry oor klein plekkies om te dans of die kos nie.”

(Staan vas vir ‘n oomblik en loop dan van die verhoog af.)

Magde-Mari Greeff
Die tekste is geskryf deur Skryfkunsstudente aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).
2005-10
Kopiereg Magde-Mari Greeff

As jy dié stuk wil opvoer, stuur ‘n versoek aan kollig@storiewerf.co.za
met jou naam, ouderdom, die titel, en waarvoor jy dit wil gebruik.

0
Would love your thoughts, please comment.x