Van ik is hier om vir jou grad te vang, Mama

Monoloog – Hoërskool
Lynthia Julius
'n Twintigjarige student. Hierdie monoloog is in Noordkaapse streektaal geskryf. (Fonetiese weergawe)
Ouderdomsgroep: 18+
Karakter: ‘n Twintigjarige student.
Stel: Die stuk speel in ‘n koshuiskamer af. Lessenaar en studielampie. Handboeke, ‘n boek om in te skryf en skryfgoed.
Taal: Hierdie monoloog is in Noordkaapse streektaal geskryf. Die monoloog is ook beskikbaar in ‘n nie-fonetiese weergawe: Graad vir Mamma.

Van ik is hier om vir jou grad te vang, Mama

(Sy sit by ’n lessenaar. Dis pikdonker en net die studeerlampie is aan. Sy sit die lampie af en die verhoog ligte gaan stelselmatig aan.)

Van ik is hier om vir jou grad te vang Mamâ.

(Maak boeke toe en staan van ’n lessenaar af  op. Loop tot voor op die verhoog.)

Oorlat ik kan swot enie room van os se straat is. (Sê dit baie trots)

Van jou oudste kint leer mos vir ’n dik ding,om eendag vir sy ma te kan werk.

(Bly eers stil en dink terug.)

In ik ondou  jou woorde soos gister, toe ik bi die huis kim in huil oorie mense in die strat sê ons hou ons beter van os gan skool by die witmense se skole in hit twee rygoet. Jy hit gasê, bid vir hille my kjênt, vanie Liewe Vader soekie bittergyt  in os se harte nie. Ik hit vir hille gebit in, maar alleen snags gehuil oor die bruin kjênners by die skool sê, ik is ’n ‘coconut’ bruin buite in wit binne.

(Glimlag)

Ik ondhou jou gebet wat jy vir ik in Noenies elke aand op osse knieë voor die Meester, lat bid hit.

(Bid dit soos ’n kind)

Lei my opie regte pat. Wil an ook my handjie vat. Help my Jeer, van ik is klyn. Neem my hartjie in hou dit rein. In Jeesus nam, Amen.

Al hit jy soms na Stuyvesant geruik en was jou eelthande koud, het jy os nag kim soen. Vir os liedjies gesing va dwergies met oë va diamante in stoeltjies van fluweel. Elke plooi in jou gesig was vir my ’n kuns, die moesie bo jou lip, ’n wêreld wonder. Jou oë was vol sterre. Jou stem, my kombers teen die koue.  Jy het my vertel van hoe ons dankbaar moet wees oor die Jeere ons so seën.

(Hartseer)

Mar Mamâ, Ik het jou snikke snags, in die batkamer stil, gehoor. Hoe jy jou seer in kommer voor God uitstort. Va jou huwelik was nie altyd goet nie in party aande hit jy nit melk in jou huis gehad. Mar iewers hit jy custard uitgekrap en dit vir jou kjênners gemaak. Ons eie stukkie hemel. Jy was ’n vegter Mamâ, al het jy nooit mit Papâ  gebaklei nie. Jy was my ma, jy was my vriendin, jy was nog altyt my beter ek.

Jy hit gesê ik moet droom in ik het.

(Opgewonde)

Van teaters in mêse wat my boeke koop. Van digbundels in groot huise by die see. Van lag en heelwees in ’n reisiger skrywer wort.  Van my hanttekenning op al wat ’n boom is in die jaard mak, van eendag gan dit baie wert wees.

(Koud)

Toe word ik skaam toe die mans wat ik teen die pat liefkry  in vriendinne vir wie ik dit vertel, vir my lag in sê, bruinmêse droomie van daai goed nie. Ik moet van my wolk af klim in liewer saam mit hille Sewende Laan gan kyk.  

Hulle is almal na die Universiteit van Spar, kamma om net vir die vakansie dar te werk. Hier is dit twee jare daarna in hille sit nog steeds daar, mak of hille my nie sien as ik brood  in melk vakansietye lip koop.

Ik is hier om vir jou ’n graad te vang, Mamâ.

Al kan ik nie saam men die ander kleurlinge studente sentrum toe loop in my studentekaart gan swipe, vir etes wat hul NSFAS- beurs voorsien nie. NSFAS sê Pappâ se salaris is te hoog. Ik wonder of hille in die yskas kim kyk hit as daar net koue water, jam in ’n koppie liefte was.

Ik is hier om vir jou graad te vang, Mamâ. Sodat die swaar vir os koebaai sal sê en die skuld miner os sjeld eet. Jy hit gemeen ik hoor nie hoe jy please explain vir die skuldmense as hille jou bel in uitskêl oor jy nie jou paaiemente kin betal nie. “My dogter is op universiteit” het jy gefluister. Jy het bye gesê en doodstil aangegaan in die kombuis. Besig om suurdeeg te knie, om vir jou gesin brood te bak. Nie een keer gekla oor die eelte op jou voete in die pyn in jou hart nie.

(Praat soos haar ma)  My dogter studeer sielkunde in ingels. Ja
(asof sy met ’n ander persoon praat. Spoggerig.)
 Die eerste een in die familie. Sy studeer daar in Potchefstroom.

(Ernstig)

As jy vanaand bel in vra hoe dit gan, sê ik goed in ik hit lekker geeët, al sus die hongerpyne my soms inie dounker an die slap. Van ik weet as ik jou sê ik het niks, kin jy vanant weer  jou bord kos nie afkry nie. Of jy lip werk weer ekstra skofte, om vir jou kint sakgelt te kin gee. Jy hit my geleer  niks kom maklik inie lewe nie in “Your life is the only Bible some people will ever know.”

Partykeer glo ik nie meer in die goetheit vanie mês nie, Mamâ. Vanie spannes in my koshuis loop mit hulle blikkies kosse verby dié wat langs hulle bly in die koshuis, dié wie dit brootnotag hit in lip gee dit  liewer virie koshuis se liefdadigyt projekte. Hulle prat me jou va buite jou kamerdeur mar gan in by die swart en bruin skooltjies om met die kjênners dar te gaan speel.

Skaamte hou my van aan die Primaria se kamerdeur vir blikkieskos in two minute noodles klop. Want verleë wees is nie ’n lekker ding nie. In brood in tee elke aand hit nog nooit iemand dodgamakie.

(Bly eers lank stil en gaan dan op haar knieë)

So ik kom maar op my knieë in sê vir jou Jeere, dankie.

Ik sal my graad vang, Mamâ.

Vir jou vang, Mamâ.

Van jou offer vir my was groot. Ja, Mamâ, ik het hulle gesien. Die hope wat jy onder in jou kas gebagrawe het. Jou gotgegewe talent. Die boeke vol gedigte, die verhale wat ek weet pryse sou wen.

Jy hit hille vir die Meester lip offer toe jou eerste kind bore word. Gasê Meester, gee hille liewer vir my klô- goet. Jou gibet was eg in jou hart was rein. Toe los jy jou droom va skrywer wees om jou kjênt  te nasien in hit by Shoprite lip werk. In jy hit nie een keer gekla nie. Nooit applous of erkenning gekry nie. Jou meestirstikke nit snags, as jy gemeen het ek en Noenies slap, vir ons voorgedra. Jy hit ’n vuur in my angesteek wat gn armoete of swarkry ooit sil kin blus. Jy is my Dalene Mathee, Mamâ  my beste Antjie Krog. My ma, my vriendin, my ewige beter ek.

(Stap terug na die lessenaar en gaan sit agter haar boeke. Skakel die studeerlampie aan en sê trots terwyl die verhoogligte verflou.)

So, jou oudste dogter is hier om vir jou grad te vang, Mamâ. Die een wat sy weet jy twintig jaar terug, moes kry. 

(Gaan aan met skryf en lees uit die boeke op die lessenaar.)

Lynthia Julius
Die monoloog is geskryf deur Lynthia Julius. Lynthia is ‘n Skryfkunsstudent aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) 2013.
2013-05-22
Kopiereg Lynthia Julius

As jy dié stuk wil opvoer, stuur ‘n versoek aan kollig@storiewerf.co.za
met jou naam, ouderdom, die titel, en waarvoor jy dit wil gebruik.

0
Would love your thoughts, please comment.x