Marisa Haasbroek

Helena Haasbroek

Marisa Haasbroek is al jare aan't skryf en het reeds talle kortverhale, artikels en liefdesverhale gepubliseer.

Iewers vlieg daar Fairy Dust is Marisa Haasbroek se eerste jeugverhaal, maar sy is al jare aan’t skryf en het reeds talle kortverhale, artikels en liefdesverhale gepubliseer.

Sy het in Pretoria grootgeword en het ook aan die Universiteit van Pretoria studeer. Marisa is getroud en het twee tieners.

Hulle gesin staan aan die vooraand van ’n groot avontuur aangesien hulle vir twee jaar in die VSA gaan woon, waar Marisa se man naby Washington DC gaan werk. Sy hoop al die nuwe ondervindinge gaan sorg vir talle nuwe stories.

Publikasies:

  • 2014 –Iewers vlieg daar Fairy Dust (Lapa)
Inligting verskaf deur Marisa Haasbroek, Januarie 2015
Marisa Haasbroek
2015-01