Die temas vir 2015 is uit en dis tyd om te begin dinkskrum en skryf. Tog is daar baie ouers wat onseker voel oor die betekenis van die spreekwoorde wat vanjaar die onderwerpe uitmaak.
Aan die hand van Afrikaanse Spreekwoorde en Uitdrukkingsdeur Kritzinger en Sabbagha, gee ek graag ‘n kort verduideliking langs elke tema. Hoop dit help!
GRAAD 1 – 3
- Lekker is net ‘n vinger lank: “Alle genot duur nie lank nie”/ Pleasure is short-lived.
- Een vrot appel steek al die ander aan : “Van ‘n slegte persoon gaan daar skadelike invloed uit.”
- Kinders moet gesien word, maar nie gehoor word nie : “In die teenwoordigheid van grootmense moet kinders stil wees.”
- Oos, Wes, Tuis, Bes: “Daar is geen beter plek as jou eie tuiste nie.”
- Met grysheid kom wysheid: “Ouer persone het meer wysheid.”
GRAAD 4 – 5
- Liewer bang Jan as dooie Jan: ”Dis beter om bang as onverskillig te wees.”
- Een swaeltjie maak nog nie ‘n somer nie: “Uit een enkele geval kan nie ‘n algemene gevolgtrekking gemaak word nie.”
- Blaffende honde byt nie: “Wie dreig of raas, hoef mens nie te vrees nie.”
- Buig die boompie solank hy jonk is: “As die kind nog jonk is, moet mens goeie karaktertrekking by hom aankweek.”
- Die een hand was die ander: “Deur ‘n ander te help, word jy self ook gehelp.”
GRAAD 6 – 7
- Te veel hooi op jou vurk hê: “Te veel onderneem.”
- As dit pap reën, moet jy skep: “Mens moet van elke geleentheid gebruik maak,”
- Elke dassie prys sy eie kwassie: “Elkeen dink sy eie” “Elkeen is trots op sy eie.”
- Geld wat stom is, maak reg wat krom is: “Met geld kan mens baie doen.”
- ‘n Boom gooi altyd ‘n skaduwee: “’n Ouer het altyd ‘n invloed op ‘n kind.”
GRAAD 8 – 9
- Skoenmaker, hou jou by jou lees: “Bemoei by sake waarvan jy iets weet.”
- Klein baas beter as groot kneg: “Dis beter om oor ‘n klein afdeling baas te wees/ onafhanklik te wees, as om ‘n werknemer/arbeider/ afhanklik te wees.”
- Baie honde is ‘n haas se dood: “As mense bymekaar staan, kan ‘n saak makliker opgelos word.”
- Bloed uit ‘n klip tap: “Die onmoontlike verwag van iemand.”
- Met jou hoed in die hand kom jy deur die hele land: “”n Beleefde mens word oral gehelp.”
GRAAD 10 – 12
- Dis die hand wat die wieg skommel wat die wêreld regeer: “Die moeder oefen die grootste invloed in die wêreld uit.”/The hand that rocks the cradle, rules the world.
- As die klou uitsteek, is die leeu daaragter: “Moenie die betekenis van ‘n klein waarskuwing onderskat nie.”
- Waar die aas is, vergader die arende/aasvoëls: “Mense gaan altyd na ‘n plek waar hull iets tot hul eie voordeel kan kry.”
- Moenie hoera skree voor jy oor die brug is nie: “Maak eers die taak klaar voor jy begin fees vier.”
- Volstruispolitiek: “Beleid waar groot of belangrike sake oor die hoof gesien word.” / With one’s head in the sand/ The elephant in the room is ignored.