Die monster

Samesprake – Laerskool
Elizabeth Bekker
Terwyl die oppasser na hulle kyk, hoor Cindy en Brain 'n geluid.
Ouderdomsgroep: Graad 2-3
Karakter: Boetie en sussie. Brian (7 jaar oud) Cindy (5 jaar oud)
Stel: Die kinders se ouers is weg vir die aand en hulle is alleen by die huis saam met ‘n oppasser, wat in die sitkamer slaap. Dan kom Cindy in gehardloop en vertel vir Brian dat sy iets gehoor het. Die deur is links gedraai reg oorkant die deur op die regterkant van die verhoog sodat die gehoor die slapende kind se gesig kan sien. Langs die bed is ‘n klein tafeltjie met ‘n lamp op. Die speelgoedboks staan langs die kopstuk, die kamer is net halfpad in donkerte gehul.

Die monster

CINDY: (fluister) Boetie?….. Boetie ek het iets gehoor. Hey, is jy wakker? (Sy skud aan hom) Boetie, word wakker!

BRIAN: (Slapering) Gaan weg. Ek slaap.

CINDY: (Klim op bed) Maar boetie, ek het iets gehoor!

BRIAN: (trek kombers oor sy gesig) Dit is jou verbeelding. Gaan slaap! (Daar is ‘n harde geluid en Brian sit skielik regop.) W…w..wat was dit? Het jy dit gehoor? (Hy skakel die lamplig aan.)

CINDY: Ek het jou gesê ek het iets gehoor! Ek het jou gesê!

BRIAN: (skrikkerig) Sjuut. Netnou hoor hulle ons.

CINDY: (saggies) Is jy ook bang?

BRIAN: (bewerig) Bang. Ek. Nooit. 

(‘n HOND BLAF.)

BRIAN: (opgewonde) Hoor hoe blaf Max! (dan huiwerig) Hy sal net blaf as daar fout is.

CINDY: (paniekerig) Boetie, gaan maak die opwasser wakker. ‘Seblief

BRIAN: Oppasser. Ons kan nie jy weet ons gaan in die moeilikheid hom as ons nog wakker is.

CINDY: (bars in trane uit) E…..e…ek wil vir Mamma hê. Boetie wanneer kom sy huis toe?

BRIAN: Ek weet nie. Wag. (Klim van sy bed af en gaan krap in speelgoedboks.) Moenie huil nie, sus. Hier so, vat my gun. (Hy hou ‘n klein speelgoed geweertjie na haar toe uit.)

CINDY: Hoe werk hy? (bekyk die geweertjie)

BRIAN: Maklik, jy aim net en dan skiet jy.

CINDY: (sit geweertjie neer) Wat van jou?

BRIAN: (Krap verder en haal ‘n krieketkolf uit.) Ek sal hulle met my bat sommer stukkend slaan.

‘N HARDE GELUID SOOS GLAS WAT BREEK LAAT DIE KINDERS WEER VERSTYF. DADELIK SPRING HUL ONDER DIE BED IN, SODAT NET HUL GESIGGIES UITSTEEK. NA ‘N RUKKIE IS DIT WEER STIL.

CINDY: (bewerig) D…di..dink jy hulle is weg?

BRIAN: (skrikkerig) Ek weet nie

DAAR IS WEER ‘N GELUID, DIE KEER HARDER EN NADER AS DIE VORIGE KEER.

CINDY: (verskrik) Hy is by die deur! (Elkeen hul ‘wapens’ voor hulle. Dan gaan die deur oop.)

CINDY EN BRIAN: Aaaaaaaaaaagggggggghhhhhhhhhhh (Hulle hou vinnig op met skree en begin dan hard op te lag.)

BRIAN: (Kruip onder die bed uit.) Dit is net Max.

CINDY: (Kruip ook uit.) Kom hier, Max

BRIAN: Sien dit was niks om oor bang te wees nie.

CINDY: Jy was ook bang.

BRIAN: Was nie.

CINDY: Was.

BRIAN: Was nie.

CINDY: Was.


DIE GORDYNE GAAN TOE TERWYL CINDY EN BRIAN STRY.

Elizabeth Bekker
Die tekste is geskryf deur Skryfkunsstudente aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).
2004-08-01
Kopiereg Elizabeth Bekker

As jy dié stuk wil opvoer, stuur ‘n versoek aan kollig@storiewerf.co.za
met jou naam, ouderdom, die titel, en waarvoor jy dit wil gebruik.

0
Would love your thoughts, please comment.x