Carina Diedericks is gebore in Johannesburg en het grootgeword in Pretoria en Kaapstad. Ná matriek aan Herschel Girls’ School in Kaapstad, studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), Honneurs Afrikaans en Nederlands (cum laude) en MPhil (Joernalistiek). Sy is die skrywer van die Thomas@-reeks wat te sien is as ’n TV- reeks op KykNet, en ander boeke sluit in Koning Henry, Operasie M.I.A.A.U. en Die verdrinking van Josua van Eden.
Carina is al benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die M.E.R.-prys. Sy het die ATKV-Kinderboekprys reeds ses maal gewen. As sy nie stories skryf nie, werk sy as vertaler, joernalis en reisskrywer vir GreatGuide Magic. Carina woon op Stellenbosch en put haar inspirasie uit lees, Osbloed-wyne, haar drie katte, bling-bling, Villiera Tradition Brut, sjokoladekoek sonder versiersuiker, kwaito en Sondae op ’n kuierstoep.
Publikasies
2014 – Wat sien jy, Zak?
2014 – Hiep, hiep, hoera (Pearson)
2014 – Woes (Pearson)
2014 – Wag, Nina (Pearson)
2014 – A-tie-sjoe! (Pearson)
2014 – Hallo, Ouma! (Pearson)
2014 – Kyk daar bo! (Pearson)
2014 – Ek kan! (Pearson)
2014 – Ek wil speel (Pearson)
2014 – Nina en die boekeboks (Pearson)
2013 – thomas@vrees.net (Lapa)
2011 – Permanente ink (Lapa)
2011 – thomas@rock-ster.net (Lapa)
2011 – Jason Justus and the thing under die floor (Pearson)
2011 – Jason Justus and the mystery of the green and gold (Pearson) 2011 – Jason Justus en daardie ding onder die vloer (Pearson)
2011 – Jason Justus en die geheim van die groen en goud (Pearson) 2010 – Die Groen Mambas: Shaka se spies (MML)
2009 – thomas@geraamte.net (Lapa)
2008 – Die verdrinking van Josua van Eden (Umuzi)
2007 – thomas@aksie.net (Lapa)
2005 – thomas@nagmerrie.net (Lapa)
2005 – Operasie MIAAU (Human & Rousseau)
2004 – thomas@sms.net (Lapa)
2003 – thomas@aqua.net (Lapa)
2003 – Koning Henry (Tafelberg)
2002 – thomas@skerpioen.net (Lapa)
2001 – thomas@moord.net (Lapa)
2001 – Oogkontak (Contentlot)
Vertalings:
2013 – Dagboek van ’n Wimp #4 (Penguin)
2013 – Dagboek van ’n Wimp #3 (Penguin)
2013 – Bokveld Binnekort (Umuzi)
2012 – Dagboek van ’n Wimp #2 (Penguin)
2011 – Daboek van ’n Wimp #1 (Penguin)
2011 – Agent Alex – Spioenkop Akademie (Protea)
2010 – Die drie vriende (Protea)
2009 – Richard Scarry: Wat doen mense elke dag? (Protea)
2007 – Dr. Eve se Seksboek vir Tieners (Marlene Wasserman (Human & Rousseau) 2005 – Slaaptydstories vir kinders (Human & Rousseau)
2004 – Julle is almal my gunstelinge (Human & Rousseau)
2004 – Mamma het my nooit vertel nie (Babette Cole) (Human & Rousseau) 2004 – Waar Willie Woeker (Human & Rousseau)
Pryse:
- 2011 – Naaswenner: Lapa Jeugromankompetisie
- 2010 – Naaswenner: MML Kinderboekkompetisie
- 2008 – ATKV-Kinderboekprys vir thomas@aksie.net.
- 2007 – ATKV-Kinderboekprys vir thomas@nagmerrie.net.
- 2007 – ATKV-Kinderboekprys vir Operasie Miaau.
- 2006 – ATKV-Kinderboekprys vir thomas@sms.net.
- 2005 – ATKV-Kinderboekprys vir Koning Henry.