Elkarien Fourie

Elkarien Fourie

Elkarien Fourie is 'n joernalis, reisiger, dosent, ewige student, en skrywer van jeugboeke.

Elkarien is op Ermelo gebore en het daar gematrikuleer. Na skool word sy ‘n Tukkie en bly met tussenposes een omdat sy ‘n ewige student is. Sy studeer eers vir ‘n BA en doen daarna honneursgrade in Sielkunde en Afrikaans.

Sy het by Beeld, Die Burger en later as vryskutjoernalis vir verskeie publikasies gewerk, onder meer Rooi Rose, Loerie en vir Tukkie-tydskrifte.

Sy het sowat agt jaar in die buiteland gewoon waar haar man as diplomaat in Engeland, Oostenryk en die VSA gewerk het. Sy het ‘n ruk lank Afrikaans aan die Universiteit van Wenen gegee. In 2003 voltooi sy haar meestersgraad in Afrikaans voltooi.

Haar eerste jeugroman, Dans op die rand van die krans, het in Desember 2002 by Protea Boekehuis verskyn.

Tans is sy ‘n deeltydse dosent by die Eenheid vir die Ontwikkeling van Taal aan die Universiteit van Pretoria.

Sy het drie kinders, wat aan die Universiteit van Bradford in Engeland, Tukkies en as matrikulant aan die Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria studeer. Haar liefdes is letterkunde, teater, fliek, reis, voetslaan.

Inligting verskaf deur Paula Fourie, Oktober 2003
Elkarien Fourie
2004-05
0
Would love your thoughts, please comment.x