Ria Jordaan het ook vir volwassenes geskryf, maar het slegs een jeugverhaal gepubliseer. Wynand se oorlog (1989) speel in die Anglo-Boereoorlog af en handel oor ‘n jong seun wat, na sy pa se vertrek op kommando, op die plaas agterbly om na sy ma en sussies om te sien. Wynand is ‘n hoofkarakter waarmee die leser kan identifiseer. Hy ontwikkel van ‘n voortvarende jongeling wat baie graag wil gaan veg tot iemand wat besef dat oorlog smart bring en dat daar goed en sleg aan alle kante van ‘n oorlog is. Dit is een van die min verhale oor die Anglo-Boereoorlog waarin die perspektief van ‘n swart seun op die oorlog aangebied word.
PUBLIKASIES SLUIT IN:
- Wynand se oorlog (1989)