Anzil Kulsen

Anzil Kulsen

Anzil Kulsen wou nog haar hele lewe lank skryf, en het besluit om die lang pad te volg om haar droom te verwesenlik. Zita is haar eerste jeugroman.

Gebore op Upington, grootgeword op Keimoes en toe Laerskool op De Aar gaan doen. Hoërskool het ek weer op Keimoes klaargemaak.

Selfs op skool al het ek meer in tale belang gestel en eerder opstelle geskryf as om te leer. Vandat ek kan onthou, wou ek skryf.

Na skool was ek twee jaar Noordwes-Universiteit om B Com te gaan studeer. Dit het heel goed gegaan, maar in my tweede jaar kon ek net nie langer vir myself jok nie. Ek het opgeskop om die volgende jaar Taalpraktyk by Technikon OVS te gaan swot, maar het toe by Perm Bank op Upington begin werk en in dieselfde jaar my man ontmoet.

Ek het besluit om die lang pad te volg om my droom te verwesenlik. Ek het voortdurend gedigte, kortverhale en artikels aan tydskrifte en uitgewers voorgelê. In 2000 het ingeskryf vir ‘n kursus in Creative Writing deur The Writer’s Bureau of London. 2001 is my eerste artikel in De Kat gepubliseer. Ek het ‘n paar gedigte deur Poetry Institute of Africa gepubliseer. En so drie jaar saamgewerk as medewerker aan dagstukkie-boeke vir Carpe Diem Media.

Zita is in 2002 gebore. Ek het twee aktiewe jare daaraan gewerk. 17 Nov 2005 is dit amptelik aanvaar vir publikasie deur LAPA Uitgewers en 15 November 2006 was die bekendstelling op Upington.

Ek is sewe jaar gelukkig getroud. Word die jaar 30 en het twee pragtige kinders van 4 en 2 jaar oud. Ek hoop om nog baie boeke die lig te laat sien en aan nog vele karakters lewe te gee!

Publikasies

  • 2006: Zita (LAPA-Uitgewers)
Inligting verskaf deur Anzil Kulsen, Januarie 2007. Foto is met komplimente van DIE GEMSBOK
Anzil Kulsen
2007-01
0
Would love your thoughts, please comment.x