Christien Neser

Christien Neser

Christien Neser hou van tale, skryf, lees, vakansies in ongerepte plekke, stap, ski, tandem- en bergfietsry. Haar eerste jeugverhaal is Kondensmelk.

Christien Neser (neé Lilian Christien Brink) is op 22 Nov 1956 in Pretoria gebore. Sy bring haar laerskooljare in Bloemfontein deur en matrikuleer aan Menlopark Hoërskool, Pretoria.

1975 – na Tukkies om Spraakterapie te studeer

1978 – behaal die graad BA (Logopedika)

1979 – begin werk as Spraakterapeut in diens van die Onderwysdepartement; 3 maande na Parys, Frankryk om by onder prof Hecaen te studeer in breinbesering en rehabilitasie.

1979 – trou in Parys, Frankryk, met Thys Neser

80’s – gaan woon in Sandton, 3 kinders word gebore (Louise, Michael en Chris); maak kinders groot en doen deeltyds spraakterapie, studeer aan UNISA vir ‘n BA in Linguistiek.en Frans

1995 – intensiewe taalkursus (Letterkunde) aan die Université Catholique d’Angers, Frankryk, gedurende September

1996- BA Hons in Frans (cum laude) UNISA

2000, 2001, 2002, 2005, 2008 – skryf revues vir Bryanston Parallel Medium

2002- voltooi kursus in Kreatiewe skryfkuns by RAU

2003 – MA (Toegepaste Linguistiek) cum laude (RAU) – studietema: Vertaling en verwerking van die fabels van La Fontaine – begin om die fabels te gebruik as deel van ‘n taalverrykingsprogram vir graad Een leerders.

2005 – skryf in vir kursus in Duits by die Goethe Institut.

2006 – voltooi Zertifikat Deutsch by Goethe Institut

2007 – sit Franse studie voort; Romanse skryfkursus van die ATKV, Potch (September),

2008 – leer basiese Spaans en stap die Inka roete, skryf DisneyToyi-Toyi (blyspel)

2009- Kinderboekskryfskool, Woordfees, Stellenbosch; Kondensmelk, ‘n jeugverhaal, word gepubliseer deur Lapa; Optelgoed word opgeneem in Sweef (Lapa).

Voorliefdes: my man en kinders, tale, skryf, lees, Britse humor, Franse flieks, sudoko, ons stoute Jack Russels, vakansies in ongerepte plekke, vriendinne, stap, ski, tandem- en bergfietsry.

Publikasies:

  • 2009 – Kondensmelk – ‘n jeugverhaal word gepubliseer deur Lapa
  • 2009 – “Optelgoed” word opgeneem in Sweef (Lapa)
  • 2011 – Koshuiskoffie (Lapa)
  • 2011 – Blou Sjokolade (Lapa)
  • 2012 – Rocksusters (Lapa)
  • 2012 – “Grammatika” word opgeneem in Verlief (Lapa)
  • 2013 – Amper Einstein  (Tafelberg)
  • 2013 – “Powerhouse Nelson kies sy ruiter” bydrae tot Galop
  • 2013 – Duinebesies (Lapa) beoog vir Oktober.
Inligting verskaf deur Christien Neser, November 2009 bygewerk Junie 2013.
Christien Neser
2013-06
0
Would love your thoughts, please comment.x