Jackie Nagtegaal

Jackie Nagtegaal

Jackie Nagtegaal wou al van haar geboorte af skryf. "Maar toe moes ek eers die alfabet leer en moes ook leer hoe om te spel en te skryf." In graad tien besluit sy om net sowel vir een keer 'n storie klaar te skryf.

Jackie Nagtegaal het leer loop op Jefreys Bay en Cape St. Francis Bay. Sy het saam met haar ouers en ouer boetie rond getravel in Suid Afrika en toe in Pretoria ‘n groot deel van haar skoollewe deurgebring. Sy was eers in Monument Park Laerskool en vanaf Graad vier in Crawford College. In Graad nege het sy en haar gesin Kaap toe getrek waar sy in Parklands College was. In matriek het sy die Vinyard High School in Stellenbosh bygewoon.

Tans (2003) swot sy Stellenbosch en volg ‘n BA kursus met Filosofie, Politiek en Afrikaans & Nederlands.

Sy was van geboorte af al gefasineer deur boeke, veral die proses waar die woorde wat mens lees, omskep word in beelde in mens se kop.

Sy wou nog altyd skryf en het Daar’s Vis in die Punch by KKNK 2002 bekendgestel. Dit is haar debuut roman.


Publikasies:

Daar’s Vis in Die Punch, Tafelberg Uitgewers

Inligting verskaf deur Jackie Nagtegaal, Mei 2002 – bygewerk April 2003
Jackie Nagtegaal
2003-04
0
Would love your thoughts, please comment.x