Lize Roux

Lize Roux

Lize Roux is die skrywer van die Stalmaats-reeks

Lize Roux het op ’n Karoo-plaas grootgeword en sy verlang nog steeds terug daarheen. Een van haar heel eerste kleintydfoto’s is van haarself op hul perd, Goldie, met haar pa wat die teuels vashou. Sy is die skrywer van die Stalmaats-reeks wat deur LAPA-uitgewers uitgegee word. Die reeks handel oor Anri Marais en haar maats se wedervaringe by ’n ryskool.

Inligting verskaf deur die skrywer, Junie 2006
Lize Roux
2006-06