· 1964: Matrikuleer aan Helpmekaar Hoër Meisieskool.
· 1967: Ontvang ‘n diploma in Primêre Onderwys van Normaalkollege met lof.
· 1974 Tree op 30 Maart 1974 in die huwelik met Daan Prinsloo.
· 1974: Diploma in dramakuns by die Akademie vir Dramakuns olv Aletta Gericke.
· 1974 – 1977: Boekvoorlesings vir Siembamba. Vrouerubriek. Vertolkings in radiodramas en jeugverhale.
· 1978 – 1983: Skryf vir Transwêreld Radio: Verwerk die Ou Testament en Handelinge van die Apostels in dramavorm. Skryf ‘n radiodrama: Saulus van Tarsus en verwerk die boek Die Hand wat die Spykers ingeslaan het deur J. Fletcher-Rey.
· 1981-1983: TV-tekste vir TV 1: Ligstraaltjies. Doen vertaalwerk vir Boeke-ateljee.
· 1982-1983: Skryf die Dertien Apostels van Jesus met Paulus as die dertiende apostel vir Louise Smit-produksies.
· TV3 1983-1985: Die Lizettereeks uitgegee deur Waterkant-uitgewers Lizette en die Silwerbeker. Lizette en die Kapokkies. Lizette en die Tandmuis
· 1984: Wanneer dit Moeilik gaan – bemoediging in krisistye uitgegee deur NG Kerkboekhandel na aanleiding van haar derde dogter wat met ‘n genetiese beensiekte, Osteogenese Imperfecta, gebore is.
· 1990: Miempie uitgegee deur Daan Retief-uitgewers. Mimi – die vertaling van Miempie.
· 1991 – 1994: Doen navorsing oor spoke voordat sy die jeugreeks Gedaantes en Geraamtes uitgegee deur Human en Rousseau begin skryf.
· 1994: Stig Laerskool Lynnwood Jong Skrywers Vereniging (LLJSV) ‘n Informele skryfklub. Eerste storieboek: Spooknag by Kimberley word gebind.
· 1995: Die Geheim van Groukatlaagte (ATKV-toekenning vir beste jeuglektuur 10-12jaar)
· 1995: Die Stem in die Trommel
· 1996: Skaduwee op Siwet en Droomkamer op Donkerhoek
· 1996: LLJSV 2de storieboek: Moord in Murasielaan
· 1997: Die Osirisraaisel
· 1997: By die Lêplek van die Leeus – ‘n jeugroman- uitgegee deur JL van Schaik. Een resensent het onder meer in RAPPORT geskryf: “By die Lêplek van die Leeus is ‘n pioniersverhaal waarin uiteenlopende en botsende kulture in Suid-Afrika armdruk, mekaar uitvoel en selfs vind. Louise Prinsloo slaag daarin om ‘n belangrike en leesbare boek met warm, menslike karakters te skep.”
· 1997: LLJSV 3de storieboek: Moord in die lang gras
· 1998: Skimme van Gister. 6de titel in die Gedaantes en Geraamtes-reeks.
· 1998: LLJSV: 4de storieboek: Kaptein Patrana en die Spookskip
· 1999: Dwaalgees van Duiwelskantoor– 7de titel in die spookstoriereeks.
· 1999: LLJSV: 5de storieboek: Nag van Afrekening
· 1999: By die Lêplek van die Leeus word deur Nanette Lötter van Bloemfontein Onderwyskolle vertaal as deel van haar M-verhandeling. In the Lion’s Den besorg vir haar onderskeiding.
· 2001: LLJSV: 7de boek Frimmels en Frommels
· 2001: Radio drama vir RSG: ‘n Gehoorstel vir Ta’ Koba
· 2002: LLJSV: 8ste boek: Annerlike Goeters
· 2003: By die Lêplek van die Leeus word herdruk
· 2003: Spookhuis by die See. 8ste titel in die reeks Gedaantes en Geraamtes
· 2003: LLJSV 9de boek: Die Ruimte-avontuur
· 2004: Radio drama vir RSG: Gekruisde lyne
· 2004: Spookhuis by die See word benoem vir die MER-prys vir jeuglektuur
· 2004: LLJSV 10de boek: Die Geheime Trommel
· 2005: LLJSV 11de boek: Die Tempel van Ra
· 2006: LLJSV 12de boek: Muismoles en ander verhale
· 2007: Gedaantes en Geraamtes Omnibus 1: Human en Rousseau
· 2007: Oupa Daan laat sy kierie staan : LUX VERBI BM
Laerskool Lynnwood se Jong Skrywers het baie goed presteer tydens die Waterberg Afrikaanse Kunsfees – 13 goud; 7 silwer en 1 rooi sertifikaat ontvang. Die Jong Skrywers het ook in 2004 hul 10de boek met hul eie stories gepubliseer onder die titel Die Geheime Trommel en ander verhale. Altesaam 45 leerders van gr 1 – 7 het stories, rympies of gediggies geskryf.
Louise skryf ook sketse en artikels vir tydskrifte.
Louise en Daan het drie dogters. Stefanie, Elmarie en Marelise. Hulle woon in Pretoria. Louise is ‘n administratiewe sekretaresse by Laerskool Lynnwood.