Marlene le Roux

Marlene le Roux

Marlene le Roux skryf kortverhale, vervolgverhale, spanningsverhale, jeugverhale. Die Vlindervanger was ook 'n radiodrama en 'n film.

Gebore en getoë in Bloemfontein. Getroud met ‘n man wat aan die akademie verbonde was en deesdae afgetree is. Ons het drie kinders en vyf kleinkinders en woon steeds in Bloemfontein.

Ek het in tydskrifte begin skryf, eers kortverhale en later vervolgverhale. Vyf van die ses spanningsverhale was aanvanklik vervolgverhale in die Sarie. My eerste boek, Die Vlindervanger is as radiodrama verwerk en ook verfilm.

Publikasies

  • Die Vlindervanger (Tafelberg-Uitgewers) 1973
  • Piroop is Rooi (Tafelberg-Uitgewers) 1974
  • Die Turkse Pyl (Tafelberg-Uitgewers) 1975
  • Valke oor Delphi (Tafelberg-Uitgewers) 1978
  • Alles op die Spel (Tafelberg-Uitgewers) 1979 
    [Dit het die eerste prys in ‘n jeugverhaalwedstryd wat deur die tydskrif Sarie en Tafelberg-uitgewers uitgeskryf was, verower en het eers as vervolgverhaal in die tydskrif verskyn voor dit in boekvorm uitgegee is.]
  • Die Vonds (Tafelberg-Uitgewers) 1980
  • Blomme in die Ryp (Tafelberg-Uitgewers) 1982
  • Wagkamer (Human en Rousseau) 1985
  • Die Koms van die Fluitspeler (J.P. van der Walt-Uitgewers) 1989 
    [Naaswenner-Volkskasbankprys]
  • ‘n Uil op die Voëlhok (J.P van der Walt) 1991 [ Volkskasbankprys]
  • Die Prys van ‘n Witkruis (Tafelberg-Uitgewers) 1991
  • Groen is die Kleur van Genade (J.P. van der Walt) 1993 [Volkskasbankprys]
  • Sterling (Tafelberg-Uitgewers) 1994 [ATKV-Toekenning]
  • Fokus op Stella (Tafelberg-Uitgewers) 1996
  • Die Pasaangeër (J.P van der Walt) 1999
Inligting verskaf deur Marlene le Roux, Maart 2000
Marlene le Roux
2000-03