Wendy Maartens

Wendy Maartens

Wendy Maartens skryf kinderboeke en kortverhale en gebruik elke moontlike geleentheid om verre lande, tale en kulture te verken.

Ek is gebore op Worcester, en matrikuleer aan die Hoërskool Outeniqua op George waar ek die see en sagte groen berg oneindig lief leer kry. Studeer aan die Onderwyskollege op Oudtshoorn en hou skool in die Karoo en op Stellenbosch. Getroud met Ben, ‘n fassiliteerder in lewensvaardighede. Woon in Somerset-Wes op die oewer van die Lourensrivier. Gebruik elke moontlike geleentheid om verre lande, tale en kulture met ons rugsakke te verken. Het nie kinders nie, maar wel drie katte wat die huis regeer. Ek het onlangs uit die onderwys bedank om voltyds te skryf en vertalingswerk te doen. Ander stokperdjies sluit in perdry, joga, tuinmaak, ultra-staproetes en rugsakreis.

Publikasies:

Kinderboeke

  • Lena se bottelboom (Lapa)
  • ‘n Ster met strepe (Lapa)
    Beide word ook in Engels uitgegee en laasgenoemde is vertaal in Xhosa, Zoeloe, Sepedi en Setswana
    Kortverhale verskyn in 

  • Mense is Mense (Lapa)
  • Braaivleis in die bos en ander verhale (Aktuapers)
  • Die Selfoon en ander verhale (Aktuapers)
  • Biltong en Barakat (Tafelberg)

Toekennings en/of pryse

2005 – Lena se bottelboom was in 1995 op Exclusive Books se “Publisher’s Choice”-lys
2006 – Eervolle vermelding by Noma Awards for publishing in Africa
2007 – Finalis by ATKV se Veertjie-toekennings

Inligting verskaf deur Wendy Maartens, April 2007.
Wendy Maartens
2007-05