De Waal Venter

De Waal Venter

"Bonsai is ook 'n kuns," sê oom Arend. "Daar word gesê dat dit die enigste kuns is wat met lewende organismes werk." (In die klein woud)

De Waal Venter in kort:

  • Gebore: Pretoria 1942.
  • Getroud met Erla, ‘n arbeidsterapeut. Vier kinders. Twee kleinkinders.
  • Woon in Krugersdorp, Gauteng.
  • Beroep: reklameskrywer.
  • Belangstellings: Bonsai, langafstand hardloper, fotografie, kuns, wetenskap.
  • Ander bedrywighede: Radiowese – Het verskeie radioprogramme aangebied deur die jare. In 1999 op PUNT radio ‘n reeks geselsprogramme.

Publikasies: Digbundels – o.a. Pols (1977). Radiodramas, verhoogstukke, TV-reeks, rolprent. Kinder- en jeugboeke:

  • Louwtjie help soek
  • Die vyf-millimeter-avontuur
  • Hoeveel tone het ‘n bobbejaan?
  • Vyffff
  • Mieg se kort en lang middag
  • In die klein woud
  • Swaartekrag een komma een
Inligting verskaf deur De Waal Venter, April 2000
De Waal Venter
2004-04
0
Would love your thoughts, please comment.x