Sjané van Aswegen was vir jare spraak- en drama onderwyseres aan die meisiekole, LaRochelle en Girls High, in die Paarl.
Sy het vir agt jaar lank in Radiodramas in Kaapstad ateljee deelgeneem, en was ook een van die beoordelaars op Kaapse Eisteddfod.
Sjané is 16 jaar gelede getroud met Robert van Aswegen, boer van Celeryfontein. Hy is onlangs oorlede. Sy woon steeds op die plaas.
Mietjie van Muisdam is Sjané se eerste boek en is met die hand geskryf omdat daar geen elektrisiteit (of rekenaars) op die plaas is nie.
Publikasies:
- Mietjie van Muisedam (Tafelberg).
Mietjie is voorgelees op Suid-Kaap Stereo en was ook een van die gekeurde boeke vir die ATKV-kinderlektuurprys