Kwetterpret

Skryf 'n versie oor voëls of enige ander gevleuelde gediertes. Luister mooi of die klanke van die versie jou aan dié dier laat dink.

Die Papagaai

Papagaai met jou groot bos vere,
kyk hoe gaan jy te kere.
Papagaai met jou kromme snawel,
kyk hoe eet jy die koejawel.

Liza-Mari Wolhuter (9) 2008

Vinkies

Twee stoute vinkies raas in die hok.
Opes, nee wag, ek het gelok.

Drie stoute vinkies besig om te kwetter
Skree snaakse woorde sonder letters.

Pê, Pê, Pê
dit is wat hul sê.

Wê, Wê, Wê
Wat wil julle tog hê!

Die snaakse woorde maak my mal
Ek gaan hul terugkry, ja ek sal.

My ouma gee my raad
Gaan haal my flessie boereraat.

Meng dit met die voëltjiesaad
en speel dan met jou maat.

‘n Rukkie later
raak ek kwater.

Maar toe word dit stil
en dit laat my ril.

Ek skrik toe groot
ek dog die vinkies is dood.

Maar toe hoor ek kwetters
woorde met netjiese letters.

Danie Stander (10)

Grietjie

Grietjie Grietjie Grietjie
Sy’s ‘n grysvoël
kyk hoe sit sy nou.

Grietjie Grietjie Grietjie
Sy’s ‘n slimvoël
Kyk hoe maak sy my na.

Grietjie Grietjie Grietjie
Sy slaap op een been
Ek verstaan dit nie.

Grietjie Grietjie Grietjie
Sy het swart oë
Sy sien alles raak.

Grietjie Grietjie Grietjie
Sy fluit ‘n liedjie
Sy’s my kokketiel.

Cari Viljoen (7)

(Woorde het ontstaan met die melodie van Money Money Money van Abba)