Skryf ‘n limerick

Magdalena Katriena van der Haar se velletjie lyk tog te naar. Sy smeer 'n roompie in en 'down' 'n 'tot' gin toe brand Katrienatjie se velletjie gaar.

Hoe werk ‘n limerick?
Dis ‘n versie met vyf reëls.
Dit gaan oor ‘n plek of ‘n persoon.
Speel met woorde en betekenisse.
Daar’s ‘n grappie in die laaste reël.
Rympatroon a-a-b-b-a.
Ritme: Reëls 1, 2, 5: da-DA da-da-DA da-da-DA (da)
Reëls 3 en 4: da-DA da-da-DA (da)

Ertjie staan sonder sy dop
ewe cool nogal kaalstert en hop
hy staan nog en kyk
hoe bakgat hy lyk
toe lê hy ook in die sop.

Clinton Oktober (14) 2010

‘n Stoute kaboutertjie Jop
beland in ‘n beker vol sop
hy’t tjoef-tjaf gesink
gedog hy’t verdrink
toe slurp hy die ertjiesop op.

Ricardo Meyer (14) 2010

Platanna is ‘n padda, maar plat
Sy spat haar ou oupatjie nat
Sy’t eendag gedink
Haar dammetjie stink
En toe vat Platanna die pad.

Danielle van der Mescht (11) 2010

Magdalena Katriena van der Haar
se velletjie lyk tog te naar.
Sy smeer ‘n roompie in
en ‘down’ ‘n ‘tot’ gin
toe brand Katrienatjie se velletjie gaar.

Mika Stanvliet (15)