2013-08


grootmense

dinkskrum

Pynstiller - 'n storie in baie vorms

Franci Greyling
 

Vandat ek kan onthou is dit al daar: die donker pyn, broeiend net onder my vel. My driftige doringnes, my beste buddy. Die enigste ding waarop ek kan reken om altyd daar te wees.
lynEk is anders. Ek sien die wêreld anders as ander mense. Ek glo nie aan die goed waaraan hulle glo nie. Ek voel nie die goed wat hulle voel nie.
lyn’n Onderwyser het een keer gevra ons moet ’n opstel skryf oor onsself. My opstel was een sin lank.
lynEk haat my lewe.
lynSy was nie impressed nie, maar wat gee ek nou om.  

 

Só begin Fanie Viljoen se kortverhaal, Pynstiller.

skreeu

Die verhaal verskyn in die kortverhaalbundel: Skreeu en ander verhale (LAPA).

logo

Fanie was deel van die kunstenaarsboekprojek, Oor die einders van die bladsy

pynstiller

Vir die projek het Fanie sy verhaal na 'n grafiese roman verwerk.

pynstiller facebook

Dit op Facebook geplaas

yoza

En later verwerk na 'n selfoonstorie op Yoza selfoonstories.

Pynstiller – Selfoonweergawe op Yoza Cellphone Stories.
http://www.yoza.mobi/stories/23/

Painkiller – Selfoonweergawe in Engels op Yoza Cellphone Stories.http://www.yoza.mobi/stories/24/

 

Die verskillende weergawes van Pynstiller is:

1. Die oorspronklike Engelse teks A slice of love (kortverhaal) – in manuskripvorm.

2. Kortverhaal Pynstiller – vertaal deur Fanie Viljoen (Viljoen 2010b). Die verhaal is 2010 in die jeugbundel, Skreeu en ander verhale (Lapa Uitgewers) gepubliseer.

3. Pynstiller – die grafiese weergawe – in boekformaat. Oplaag van 25. Ringbind. Self gepubliseer.

4. Pynstiller – Facebook. Grafiese weergawe op Facebook.

5. Painkiller – Facebook. Grafiese weergawe in Engels op Facebook.

6. Pynstiller – Grafiese weergawe as digitale boek binne Oor die einders van die bladsy-digitale katalogus.

7. Pynstiller – Selfoonweergawe op Yoza Cellphone Stories.
http://www.yoza.mobi/stories/23/

8. Painkiller – Selfoonweergawe in Engels op Yoza Cellphone Stories.http://www.yoza.mobi/stories/24/ 

 

Om meer oor die projek en Pynstiller te lees:

Oor die Oor die einders van die bladsy-projek: http://www.bookboek.co.za/oordieprojek.html

Oor Fanie Viljoen in die Oor die einders van die bladsy-projek:
http://www.bookboek.co.za/fv.html

Tieners in die kuberwêreld – kan jeugromans byhou?
Franci Greyling lewer kommentaar in 'n LitNet-Seminaar.

Navorsingsartikel (Franci Greyling) in Literator:
Kreatiewe remediasie van Pynstiller deur Fanie Viljoen: Van kortverhaal na grafiese verhaal

Navorsingsartikel (Franci Greyling) op LitNet Akademies
Die skrywer en nuwe publikasiekontekste: Interaktiwiteit en wisselwerking in aanlyngemeenskappe – Fanie Viljoen se Pynstiller as gevallestudie

Fanie Viljoen skryf self oor Pynstiller op LitNet:
Pynstiller – Op soek na die verlossing

Franci Greyling
Terug na Dinkskrum

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2013