Branderjaer

[NEE] “BITTER! BITTER! BITTER!”   Louw gooi sy volle gewig agter sy vuis, ruk dan terug en sien hoe Beast sy neus vashou. Soos gewoonlik sê sy brein en sy lyf “nee.” Dis nie natuurlik nie. Dis die teenoorgestelde van wat hy wíl doen. Maar in die Kring gaan dit nie oor wil nie. Dit […]

Elf dae in Oxford

Sy knyp haar oë styf toe. Die beeld is steeds vasgevang op haar retina: die wit konyn se poot wat om die hoek verdwyn. Sy moet hom volg, maar voor haar loop die nou stegie dood in ’n ander een. Links of regs? “Enige pad sal jou iewers neem. Dit hang net af waarheen jy […]

Losprys in Parys

’n Ysterhand klem om my boarm, dwing my om meer links te loop, uit die vinnig bewegende stroom mense op die sypaadjie, straat se kant toe. “Nie ’n geluid nie.” Die stem is laag en dig by my oor. My oë flits oor die mense op die breë sypaadjie wat net aanloop. Kan hulle nie […]

Bethel se berg

Dit is Max wat my beddegoed oplig, met skurwe ysblokvoete bo-oor my klim en teen my kom lê. Hy druk sy krullebolkop onder my ken in, soos hy altyd maak wanneer ek sy warmwatersak moet wees. “Nouth dit koud,” lispel hy teen my sleutelbeen, want ons het gistermiddag, net nadat ons by die piekniekplek aangekom […]

Sterre vir die donker

Dit is ’n regte Kaapse wintersdag: trietsig, met vlae reën wat neerval. Helena kyk hoe die reëndruppels mekaar rukkerig oor die ruit jaag. Sy laat sak stadig haar voorkop tot teen die koue ruit. Die flikkerlig tik-tik skielik hard in die stil kar en Ma draai af. Sy ry tot reg voor die winkelsentrum se […]

Baster

Baster kyk deur sy eie bloed na die wêreld om hom. Killer het hom vir die soveelste keer aan sy nekvel gegryp en neergegooi en trap hom nou met sy voorpote teen die grond in die gevegsput vas.  “Byt hom vrek, Killer!” moedig Scar sy hond aan. “Wat gaan aan met jou?” “Hêppie is te […]

Stille waters

Wat jy met jou vrye tyd doen, verklap baie van jouself, dink Hanna terwyl sy deur die mieliepap op die stoof roer. Sy sal vanoggend die nuwe kandidate daaroor uitvra as sy onderhoude met hulle voer. As sy eers dít van die kandidate weet, weet jy watter soort mense hulle is en hoe hulle by […]

Donker Web

Hy stap in die donker gang af. Dis soos daardie aand toe hy sy pa in die studeerkamer gekry het. Voor sy oë sien hy steeds sy pa se groot lyf half oor die lessenaar gebuig toe die deur oopgaan. Hy sien die geel koevert. Sien die 9 mm-pistool. Sy pa vou dit toe in […]