1 Kara Dit kom stadig na my aangedobber. Donkerbruin en uit gloeiende hout gesny. K-A-R-A. Stadig, maar lewend en polsend, vloei dit tot by my. Ek moet regaeer, dis ek, hierdie lyf, hierdie een wat dink. “Kara.” My oë moet oopgaan, maar teen my wil, die letters is so mooi . . . My ooglede […]
Kayla-Mari Geyer
Elf dae op ‘n eiland
Sy maak haar oë oop, maar dit bly donker. Iewers raas die see, woedend. Die lug wat sy inasem is warm. Sy proe sout. Sy roer versigtig, maar haar lyf voel swaar, asof sy ver moes swem, of hardloop, of . . . Hoe het sy hier gekom? Sy draai op haar sy. Sy voel […]
Die meisie wat gedink het haar ma is ‘n meermin
Die eerste keer wat Stella Malherbe wegloop van die huis af, is dit in haar slaap. Sy begin in haar slaap loop toe sy agt is, kort ná haar ma se dood. Aanvanklik kom sy nie verder as haar slaapkamerdeur nie. Die handvatsel ratel sodra sy daaraan raak en maak haar wakker. Een aand is […]
Dinge wat ek nie van skape geweet het nie
Die einde van al my vakansieplanne “Komaan, Pa is seker nie ernstig nie!” Die oomblik toe daardie woorde uit my mond is, is ek spyt daaroor. Nie omdat ek wéét dit gaan my pa se bloeddruk nog verder opjaag nie – ek is al gewoond daaraan om sy bloeddruk te laat styg. Maar as daar […]
Spoekie
1 Wêreldrecords Hoo hie. Die bra hourie wêreldrecord virrie meeste balloons blaas … met sy nies. Feite. Sy naam is Andrew Dahl. Wat ek wil weet, is hoe vinne jy innie eerste plek yt daai is wat jy goed in is. En dink aan hoeveel snot haa nie in dai balloons issie. Dié vrou wee, […]
Papierblomme
Alles, elke ding het sy tyd, dis wat die Bybel sê. Elke lewende wese, elke plant, elke dier en mens wat asemhaal, het ‘n begin, ‘n middel, en ‘n einde; tyd om gebore te word, te lewe en te sterf, om te onthou en te vergeet. Maar wanneer Janine aan haar lewe terugdink, is daar […]
Z-A-K: Die Blou Planeet
Mitch Wilson slinger sy skoolsak oor sy skouer en trek die tuinhekkie agter hom toe. ‘n Gedreun in die verte laat hom opkyk. Was dit donderweer? Sy oë glip oor die horison en steek vas bo die berge in die ooste, waar ‘n massiewe lensvormige wold onder die son versper wat nog skaars op is. […]
‘n Ou soos jy
Die wit BMW hou voor ons hek stil. “Het jy alles, Emma?” vra my ma. “Het jy jou tandeborsel onthou? As julle daar aankom, let tog op wat die straatname is ingeval jy iewers verdwaal.” “Genade, Annali. Sy gaan nét see toe! Jy laat dit klink asof sy op pad is om ‘n maand lank […]