Zackie Mostert en die fantastiese fliek

Ligte, kamera … AKSIE! Zackie en Vincent is BAIE opgewonde! Hulle gunsteling-aksieheld maak `n SPLINTERNUWE FLIEK. En die vervaardigers soek jong akteurs om daarin te speel! Zackie en Vincent kan nie wag om vir `n OUDISIE te gaan nie. Maar Anton wil ook graag `n rol in die fliek hê. Anton is die grootste BOELIE, […]

Zackie Mostert en die Monster-Melkskommel

Wie gaan die MONSTER-MELKSKOMMEL tem?Dit is SKOOLVAKANSIE! Zackie en Vincent gaan sommer hope pret hê! Hulle gaan swem, skaatsplank ry in die parkie en met hulle watergewere speel. Maar soos gewoonlik is Anton die boelie ook in die omtrek. En hierdie keer het hy iemand wat hom gaan help om Zackie-hulle se pret te bederf. […]

My Maats Kom Kuier!

Hou die beste oorslaappartytjies ooit!Net een ding is lekkerder as `n uitslaapaand, en dit is om een te beplan. Met alles van speletjies en vasvrae tot bederf-idees en middernagfeeste sal jou idees nooit opraak met My maats kom kuier! nie. My maats kom kuier! is propvol aktiwiteite, temas en dinge om te maak wat jou […]

Die skandalige susters Smit

Sara Sloot-Smit is `n baie gelukkige meisie. Sy woon in `n luukse huis in `n welvarende buurt, gaan na `n spogskool en het ouers wat baie belangrike werk doen. Maar hulle het min tyd vir hulle dogter. Toe hulle aankondig dat hulle `n maand lank oorsee gaan, is dit vanselfsprekend dat Sara nie saamgaan nie. […]

Die dag toe die draak kom – `n Boek vir meisies

Human & Rousseau Hierdie boek takel die uiters belangrike kwessie van kindermolestering. Dié aangrypende verhaal dien om kinders in te lig en te bemagtig. Deur middel van ’n karakter en storie waarmee kinders kan identifiseer word die gevaartekens van molestering uitgewys en riglyne gebied oor hoe om in so ’n situasie op te tree. Sesjarige […]

Die dag toe die draak kom – `n Boek vir seuns

Hierdie boek takel die uiters belangrike kwessie van kindermolestering. Dié aangrypende verhaal dien om kinders in te lig en te bemagtig. Deur middel van ’n karakter en storie waarmee kinders kan identifiseer word die gevaartekens van molestering uitgewys en riglyne gebied oor hoe om in so ’n situasie op te tree. Sesjarige Kevin is gek […]

Sanri Steyn omnibus 2

Drie Sanri Steyn-stories in een omnibus! Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees … Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste […]

Sanri Steyn omnibus 1

Vier Sanri Steyn-stories in een omnibus! Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees … Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste […]

Speurder Kwaaikofski: Omnibus 1

Kwaaikofski is al ’n privaatspeurder vandat hy kan onthou. Selfs as ’n baba het hy elke boublokkie weer gekry, en ook elke lekker wat iewers in die sandput verdwyn het. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep – wat sorg dat sy brein altyd […]